Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "April " deur PETRA MULLER
"April " deur PETRA MULLER [boodskap #8707] Di, 04 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
APRIL
Petra Muller

In die najaar, as dit byna winter word,
gooi die ouland
sy twee kraaie
soos twee swartvlerkvloeke uit;

maak sy huis skoon:
skrop die vuilgoed
en die bog oop;

stroop die blakers,
steek die aalwyn rooi
in die arnosterbossies op.

Donker in wil ons hier
geen-een
sonder vlam of voorsorg
loop.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: KAAPSE FRAGMENTE
Volgende onderwerp: Is Afrikaner-wees sonder die histories-politieke bagasie van Suid-Afrika moontlik?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 18:57:53 MGT 2024